Die omstrede lae rugbystadion-verbyvlug word ondersoek

Sep 3
1 min read
Die Burgerlugvaartowerheid (BLO) stel ondersoek in na die verbyvlug wat voor verlede naweek se kragmeting tussen die Springbokke en die All Blacks in Kaapstad uitgevoer is.
SABC-nuus berig die BLO sê hy het ook begin met 'n verifikasieproses nadat hy samesprekings gevoer het met die lugdiens Airlink, en opnames van vlugdata en ander vereiste inligting bekom het.
Volgens die owerheid is die vereiste prosedures, insluitend 'n vlugnabootser en 'n veiligheidsinligtingsessie afgehandel voordat die vlug goedgekeur is.
Die BLO sê hy doen nou verdere ontleding en het bykomende inligting van Airlink aangevra.








Comments