Die omstrede Nigeriese pastoor, Omotoso, is vir vyf jaar uit SA verban
- Saamgestel deur Armando Pieters

- May 19, 2025
- 1 min read
Die omstrede Nigeriese pastoor, Timothy Omotoso is terug na sy tuisland ná hy vir vyf jaar uit Suid-Afrika verban is. ENCA berig Omotoso, en twee ander vroue van sy kerk, is die eerste keer in 2017 op 32 aanklagte, insluitend verkragting, mensehandel en rampokkery in hegtenis geneem. Die drie is in April in die hooggeregshof in Gqeberha op alle aanklagte vrygespreek. Hy is egter vroeër in Mei weer vir immigrasieverwante sake hegtenis geneem, waana hy weer vrygelaat is aangesien binnelandse sake nie behoorlike prosedures gevolg het nie.







Comments