Die onderhoud van bome in Bloem moet beter bestuur word
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 hours ago
- 1 min read
Kommer neem toe oor die toestand en snoei van bome in Bloemfontein, met inwoners wat vra vir beter bestuur en instandhouding.
Bome op sypaadjies word tans in baie gevalle drasties gesnoei, hoofsaaklik om elektriese infrastruktuur te beskerm en potensiële gevare te beperk.
Dit volg nadat die metro se jaarlikse boom-instandhoudingsprogram, wat voorheen deur die Parke-afdeling bestuur is, mettertyd glo agterweë geraak het weens kapasiteits- en begrotingsuitdagings.
Gevolglik moes Centlec in baie gevalle inspring om bome te sny waar dit ’n risiko vir kraglyne inhou — al val dit nie binne die entiteit se kernmandaat nie.
Die DA se verder in ‘n mediaverklaring ’n mosie is nou ingedien waarin gevra word dat ’n behoorlik befondsde, jaarlikse instandhoudingsprogram dringend herstel word.
Volgens DA-raadslid Pieter Lotriet is volhoubare instandhouding noodsaaklik om beide die stad se omgewing en kritieke infrastruktuur te beskerm.








Comments