Verskeie paaie in die metro word gesluit weens padinstandhoudingswerk
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 hours ago
- 1 min read
Padinstandhoudingswerk in die Mangaung Metro Munisipaliteit gaan na verwagting tot padsluitings en alternatiewe roetes in verskeie dele van die metro lei.
Die projek, wat vanaf April tot September vanjaar sal duur, fokus op herstelwerk langs die IPTN-busroete in die Brandwag-gebied.
Owerhede waarsku dat werk in fases sal plaasvind, met tydelike padsluitings en ontwrigtings wat verwag word.
Verskeie strate sal geraak word, insluitend onder andere 1ste en 2de Laan.
Motoriste word versoek om hul reise vooraf te beplan en padtekens en alternatiewe roetes te volg.
Strate wat geraak word:
Pierre Ollemansstraat
Furstenburgweg
Klercklaan
Du Preezstraat
Wahlstraat
Melvillerylaan
Hugostraat
Mc Hardy-laan
Kellnerstraat
Charlesstraat
President Brandtstraat
Saint Andrewstraat
Hangerstraat
Charlotte Maxekestraat
Henrystraat
Oos Burgerstraat
2de Laan
Aliwalstraat
Mariam Makebastraat
Fichardtstraat
1ste Laan
Wes Burgerstraat
Harveyweg
Hillstraat
Markgraffstraat








Comments