Die onderwys-begroting fokus op vaardighede vir jongmense
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 1 minute ago
- 1 min read
Die minister van Hoër Onderwys, Buti Manamela, sê sy departement se begroting fokus op kritieke vaardigheidstekorte in die ekonomie.
Hy voeg by die doel is om jongmense toe te rus met vaardighede wat nodig is vir ekonomiese groei en werksgeleenthede.
Hy het tydens sy begrotingsrede gesê jongmense wil leer, innoveer en betekenisvol aan die land se ekonomie deelneem.
Volgens Manamela is die begroting daarop gemik om sommige van dié uitdagings aan te spreek.








Comments