top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Onderwysdepartement ondersoek beweerde seksuele aanranding by ‘n Bfn-skool

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Mar 23
  • 1 min read

Die Vrystaatse Onderwysdepartement ondersoek ’n saak van beweerde seksuele aanranding wat glo jare gelede by ’n plaaslike skool in Bainsvlei, Bloemfontein, plaasgevind het.


Volgens SABC News volg dit nadat ’n familie hul kommer uitgespreek het oor hoe die saak hanteer is nadat dit destyds aangemeld is.


Die polisie sê die saak is ondersoek en twee minderjariges is vervolg. Een is onskuldig bevind, terwyl die ander ’n opgeskorte vonnis van vier jaar opgelê is.


Departementele woordvoerder, Howard Ndaba, sê die departement het eers van die voorval bewus geraak ná navrae deur die media, en dat ’n span aangestel is om dit te ondersoek.


Howard Ndaba. FOTO: X
Howard Ndaba. FOTO: X

 
 
 

Comments


bottom of page