top of page

Die onderwysdepartement se vinnige optrede word verwelkom

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 2 hours ago
  • 1 min read

Die Departement van Basiese Onderwys se vinnige optrede om te bepaal wie verantwoordelik was vir die uitlek van sewe vraestelle by sewe skole in die Pretoriase omgewing in Gauteng, is deur die burgerregteorganisasie AfriForum verwelkom.


Die organisasie vra dat die sterkste moontlike sanksies teen die oortreders ingestel word.


AfriForum sê die voorval kan ernstige gevolge vir hele jaargroepe hê.


Volgens die organisasie se hoof van kultuursake, Alana Bailey, misbruik persone wat vraestelle laat uitlek hul vertrouensposisie en steel kinders se toekoms.


Sy sê streng optrede is nodig om toekomstige bedrog af te skrik.


LUISTER HIER:

Matriekvraestelle

Alana Bailey. FOTO: Litnet
Alana Bailey. FOTO: Litnet

Comments


bottom of page