Die Onderwysminister veroordeel ’n vals nuusberig oor ‘n uitgelekte matriekvraestel

Oct 16
1 min read
Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, het ’n vals nuusberig veroordeel waarin beweer word dat die Engels Vraestel Drie vir matriek uitgelek het.
Volgens die departement is die berig met behulp van kunsmatige intelligensie geskep.
Die departement bevestig dat geen vraestelle landwyd uitgelek het nie en dat geen ander ongerymdhede aangemeld is nie.
Die departement se Terence Khala sê die integriteit van vanjaar se finale matriekeksamens is nie in die gedrang nie.
Hy doen ’n beroep op die publiek om nie ongeverifieerde inligting te glo of verder te versprei nie, aangesien dit paniek kan veroorsaak en leerders se voorbereiding kan ontwrig.
LUISTER HIER:
Terence Khala









Comments