Die onwettige jag met honde is steeds 'n groot bekommernis in die Vrystaat
- Saamgestel deur Armando Pieters

- May 26, 2025
- 1 min read
Jag met honde bly steeds een van die grootste uitdagings wat dierewelsynspogings in die Vrystaat provinsie in die gesig staar. So sê die Dierebeskermsvereniging in Bloemfontein se inspekteur, Lucky Olifant, in ‘n aanlyn plasing. Hy voeg by ingevolge die Dierebeskermingswet is die aanhitsing van een dier om 'n ander aan te val 'n kriminele oortreding. Bloemfontein se DBV het onlangs op ‘n klag van onwettige jag met honde gereageer. Met hul aankoms is ses verdagtes in die besit van verskeie karkasse gevind. Daar is ook op vyf honde wat glo in die jagtog gebruik is beslag gelê. Olifant sê ‘n klag van dieremishandeling met bykomende aanklagte is teen die verdagtes gelê.







Comments