top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die onwettige mynwerkers in Stilfontein se sage duur voort

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 21, 2024
1 min read

Die Pretoria-hooggeregshof in Gauteng oorweeg ‘n aansoek om die regering te verplig om kos, water en medikasie aan onwettige mynwerkers in Stilfontein in die Noordwes te verskaf. Mining Affected Communities United in Action het weer die hooggeregshof genader vir verligting in die Stilfontein-sage. Die organisasie en inwoners wil hê dat die staat vir reddingsoperasies moet betaal, én dat hulle voorrade moet verskaf. Hulle wil ook ‘n weeklikse verslag oor die reddingsplan hê. Verder, dring hulle daarop aan dat die mynwerkers wat uit die ongebruikte goudmyn gekom het, toegang tot menseregteprokureurs moet kry. Meer as ‘n duisend mynwerkers het sedert die begin van die Stilfonteinse Vala Umgodi-operasie na die oppervlak teruggekeer. Dit bly onduidelik hoeveel onwettige mynwerkers steeds ondergronds is.

 
 
 

Comments


bottom of page