top of page

Die Oorlogmuseum is vereer vir drie agtereenvolgende jaar se skoon oudits

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 1, 2025
  • 1 min read

Die Oorlogsmuseum in Bloemfontein het die afgelope drie jaar 'n ongekwalifiseerde ouditmening sonder bevindinge ontvang.

Netwerk24 berig die ouditeur-generaal het by monde van Ernst Relling gister die museum vir 15 agtereenvolgende jaar se geen onreëlmatige, vrugtelose en verkwistende besteding vereer.

Hy sê om dié mate van sukses te behaal verg goeie bestuur, goeie leierskap en goeie finansiële beheermeganismes.

Die direkteur van die museum, Tokkie Pretorius, sê die personeellede se passie is om die gedeelde geskiedenis van almal se lyding in hierdie oorlog te wys. Dit is 'n voorbeeld van hoe staatsinstellings behoort te funksioneer.

Die museum is ook onder die museums wat die minste staatsfinansiering kry.

 
 
 

Comments


bottom of page