Die Oorlogsmuseum spog met 'n nuweling-donkie
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 23
- 1 min read
Die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke in Bloemfontein spog met 'n kleinding – die eersteling van die donkie-paar Cleopatra en Sarel. Volksblad berig die klein hings het die naweek sy opwagting gemaak.
Die eienaar van die Hospice Bloemfontein se liefdadigheidswinkel op die Oorlogsmuseum se perseel, Phoebe Pretorius, sê dit voel asof ‘n kleinkind gebore is. Die donkie-ouers is in 2022 aan haar geskenk.
Sy nooi nou die publiek om ’n Afrikaanse naam vir die klein hingsie voor te stel. Mense kan hul voorstelle op die winkel se Facebook-blad plaas. Pretorius sê almal op die terrein is baie opgewonde oor die nuweling.





Comments