top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Oos-Kaap stel die MIV-voorkomingsmiddel Lenacapavir bekend

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 15
1 min read

Die Oos-Kaap stel Donderdag die nuwe langwerkende MIV-voorkomingsmiddel, Lenacapavir, bekend.


Die LUR vir Gesondheid, Ntandokazi Capa, en die Oos-Kaapse Vigsraad lei die provinsiale bekendstelling in Nelson Mandelabaai.


Lenacapavir word elke ses maande as ’n inspuiting toegedien en bied ’n alternatief vir die daaglikse inname van pille per mond voor blootstelling.


Meer as 1 400 mense in die provinsie het teen die einde van Junie reeds met Lenacapavir begin.


Die Oos-Kaap is een van die provinsies wat vir die eerste fase van die nasionale uitrol geprioritiseer is.


Ter illustrasie. FOTO: BBC
Ter illustrasie. FOTO: BBC

 
 
 

Comments


bottom of page