Die OOT-uitvoerende hoof se bedanking word verwelkom
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jan 15
- 1 min read
Die bedanking van die Onafhanklike Ontwikkelingstrust (OOT) se uitvoerende hoof, Tebogo Malaka is deur die minister van openbare werke en infrastruktuur, Dean Macpherson, verwelkom
Die trust het Woensdag aangekondig dat Malaka geen uittreevergoeding sal ontvang nie.
Volgens die regeringsagentskap sal hulle nou die proses begin om ‘n permanente uitvoerende hoof aan te stel.
Malaka is in Augustus verlede jaar ná ‘n ondersoek wat onreëlmatighede in ‘n hospitaaltender ter waarde van meer as R800 miljoen gevind het geskors.







Comments