top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die opgeskorte vonnis van 'n bedrieër moet nou uitgedien word

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 1 day ago
  • 1 min read

'n Vrou sal nou 'n tronkstraf van tien jaar uitdien nadat sy nie aan die voorwaardes van haar opgeskorte vonnis voldoen het nie.


Volgens 'n mediaverklaring van die Vrystaat Valke het die Bloemfonteinse Landdroshof beveel dat Mamufumadi Anna Molelekoa-Taso se opgeskorte vonnis afgedwing word.


Sy en haar oorlede man is in 2018 skuldig bevind aan bedrog en diefstal nadat hulle lede van die publiek deur eiendomstransaksies benadeel het.


Die hof het die egpaar destyds gevonnis op voorwaarde dat sowat R4,8 miljoen aan slagoffers terugbetaal word.


Nadat Molelekoa-Taso versuim het om aan dié voorwaarde te voldoen, het die hof gelas dat sy die volle tien jaar gevangenisstraf moet uitdien.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page