Die oplegde tariefverhoging kos ‘n Suid-Afrikaanse fabriek miljoene rande
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 4, 2025
- 1 min read
‘n Fabriek wat masjinerie en sagteware vir die motorbedryf verwaardig, en goedere na Amerika uitvoer het kontrakte ter waarde van R750 miljoen weens die onlangse opgelegde 30%-tarief verloor. Die Ooskaapse-maatskappy, Jendamark Automation, sê hulle is in die duister oor die regering se onderhandelinge met Amerikaanse amptenare oor die dreigende tariefverhogings wat Donderdag in werking tree. Intussen sê die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging, hulle werk aan ’n reaksieplan indien ’n handelsooreenkoms met Amerika nie bereik word nie. Ministers Parks Tau en Ronald Lamola sal na verwagtig Maandag die publiek oor die regering se planne inlig.






Comments