Die optogte in Bfn blyk vreedsaam te wees
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 1 hour ago
- 1 min read
Dit blyk asof Dinsdag se beplande optogte teen 12:00 in Bloemfontein redelik vreedsaam was.
Rosestad-nuus het inligting ontvang dat daar teen 11:00 'n groep was wat deur die middestad beweeg het. Op nasionale vlak is geen insidente nog gerapporteer nie, terwyl daar berigte is wat lui dat in sekere areas, insluitend Durban, die optogte nog nie begin het nie.
Daar is wel 'n sterk polisieteenwoordigheid, met onder andere helikopters sigbaar in sekere areas.
Intussen berig Newskoop die minister van Justisie, Mamoloko Kubayi, sê dat owerhede daaraan werk om te verseker dat die geweld en onrus wat die Julie 2021-onluste gekenmerk het, nie herhaal word nie.
Verskeie teen-onwettige immigrasie-organisasies lei landwye optogte teen ongedokumenteerde migrante in die land.
Kubayi verseker lede van die publiek dat wetstoepassingsagentskappe ontplooi is om wet en orde te handhaaf. Sy doen ’n beroep op vreedsame protes en sê die regering wil verseker dat mense veilig kan betoog, werk, en hul daaglikse aktiwiteite kan uitvoer.








Comments