Die OVK begin ’n deur-tot-deur veldtog
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 3 days ago
- 1 min read
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) begin ’n deur-tot-deur veldtog om kiesers in gebiede met veranderde wykgrense te help om hul registrasiebesonderhede by te werk.
Volgens die OVK is sommige stemdistrikte en stemlokale aangepas ná die jongste afbakeningsproses en bevolkingsgroei in sekere gebiede.
Veldwerkers sal inwoners besoek om hulle te help om hul besonderhede te bevestig en te verseker dat hulle in die korrekte stemdistrik geregistreer is voor vanjaar se verkiesing.
Die OVK waarsku dat kiesers wat in die verkeerde stemdistrik geregistreer is moontlik vertragings kan ervaar of nie sal kan stem nie.
Die kommissie sê veldwerkers sal amptelike OVK-identifikasie dra en sal nooit geld of bankbesonderhede van inwoners vra nie.








Comments