top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die OVK bevestig die ANC-kandidate se name sal op die stembriewe verskyn

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
6 days ago
1 min read

Die Verkiesingskommissie (OVK) sê in 'n brief aan die ANC dat die 181 kandidate in die ses betrokke munisipaliteite aan die plaaslike regeringsverkiesing sal deelneem.


Maroela Media berig die hoofkiesbeampte van die OVK, Sy Mamabolo, bevestig in die brief dat die stembriewe wat gedruk gaan word, die betrokke kandidate se name sal bevat. Mamabolo bevestig ook dat die ANC ook geen verdere dokumente hoef in te dien nie.


Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, het die OVK bedank dat hy onverwyld op die bevel van die hof gereageer het.


Die ANC het hom vroeër tot die hoogste hof gewend om die OVK sover te kry om die kandidaatlyste, wat volgens die OVK laat ingedien is, te aanvaar. Dit sluit in die Mangaung-munisipaliteit.


Sy Mamabolo. FOTO: News24
Sy Mamabolo. FOTO: News24

 
 
 

Comments


bottom of page