Die OVK stel KI-agent vir die verkiesing bekend
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- May 27
- 1 min read
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) sal tydens die komende plaaslike regeringsverkiesing vir die eerste keer van ’n kunsmatige intelligensie (KI)-agent gebruik om kiesers by te staan.
Die kommissie se uitvoerende hoof, Sy Mamabolo, het die aankondiging tydens die bekendstelling van die verkiesingsprogram in Gauteng gemaak.
Die KI-agent, genaamd Voter, is volgens Mamabolo opgelei om uit die ervaring van OVK-agente te leer.
Hy sê die stelsel sal ondersteuning ná ure bied en ook help tydens spitstye wanneer meer navrae ontvang word.
Die plaaslike regeringsverkiesing vind op 4 November plaas.








Comments