top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die OVK sê bewys van verblyf is nie nodig vir kiesersregistrasie nie

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 18
1 min read

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) sê bewys van verblyf is nie nodig vir kiesersregistrasie hierdie landswye registrasienaweek op Saterdag en Sondag nie.


Die OVK se Hoofverkiesingsbeampte, Sy Mamabolo, moedig alle stemgeregtigde Suid-Afrikaners aan om van die geleentheid gebruik te maak om te registreer, hul besonderhede op die kieserslys te verifieer of op te dateer.


LUISTER HIER:


Sy Mamabolo

Intussen is die OVK gereed om Suid-Afrikaners hierdie naweek by meer as 23 000 kieserregistrasiesentrums regoor die land te verwelkom. Dit kom terwyl die land voorberei vir die plaaslike regeringsverkiesing in November.


Mamabolo sê die kieserslys staan ​​tans op 28 miljoen geregistreerde kiesers, teenoor 27,7 miljoen tydens die algemene verkiesing van 2024.


Ter illustrasie. FOTO: SA News
Ter illustrasie. FOTO: SA News

 
 
 

Comments


bottom of page