top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die OVK sê sy uitslaestelsel is betroubaar en veilig

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 15
1 min read

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het politieke partye verseker dat sy uitslaestelsel betroubaar en veilig is.


Die stelsel is onder die loep geneem nadat dit tydens die 2024 nasionale en provinsiale verkiesings ’n tegniese probleem ondervind het. Die Verkiesingshof het bewerings dat stemme tydens dié tegniese probleem gemanipuleer is, van die hand gewys.


Die OVK sê vyf politieke partye het die geleentheid gehad om die stelsel te oudit.


Ter illustrasie. FOTO: SA News
Ter illustrasie. FOTO: SA News

 
 
 

Comments


bottom of page