Die OVK verwerp bewerings oor verkiesingsuitslae
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- May 19
- 1 min read
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) sê daar is geen bewyse dat stemme tydens die 2024 nasionale en provinsiale verkiesing verander of omgeruil is nie.
Dit volg ná bewerings deur EFF-leier Julius Malema dat stemme by ’n stemlokaal in Polokwane glo van die EFF na die ANC verskuif is.
Die OVK sê die bewerings is onakkuraat en dat die uitslagstrokies in sy besit ooreenstem met die syfers wat op die kommissie se uitslagstelsel vasgelê is.
Die kommissie het ook kommer uitgespreek oor wat hy beskryf as verkeerde stellings oor die bestuur en integriteit van die 2024-verkiesing.








Comments