top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die OVK waarsku partye oor die gebruik van sy logo

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jun 8
  • 1 min read

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie, of OVK, waarsku politieke partye en kandidate om nie sy naam, logo of handelsmerk in veldtogmateriaal te gebruik nie.


Die kommissie sê dié praktyk is onwettig en kan kiesers verkeerdelik laat glo dat die OVK sekere partye of kandidate ondersteun.


Die OVK beklemtoon dat hy onpartydig is en geen politieke party of verkiesingsveldtog steun nie.


Die kommissie doen 'n beroep op politieke rolspelers om enige ongemagtigde materiaal te verwyder en aan die verkiesingswette te voldoen voor vanjaar se plaaslike regeringsverkiesing.


Ter illustrasie. FOTO: Polity
Ter illustrasie. FOTO: Polity

 
 
 

Comments


bottom of page