top of page

Die PA skors hul onderleier

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 23, 2025
  • 1 min read

Die Patriotic Alliance (PA) het hul onderleier, Kenny Kunene, geskors. Dit is glo weens sy teenwoordigheid in die huis waar ’n vermeende lid van ’n moordbende in hegtenis geneem is. Die leier van die PA, Gayton McKenzie, het Dinsdag op sosiale media gesê Kunene is geskors hangende die ondersoek, maar dat hy glo hy is onskuldig. Vier mans het Dinsdag in die hof verskyn in verband met die huurmoord op Oupa John Sefoka, beter bekend as DJ Sumbody. Kunene was Maandag in een van die mans, Katiso Molefi, se huis in Sandton toe hy in hegtenis geneem is.

 
 
 

Comments


bottom of page