Die Padongelukfonds het die uitbetaling van eise hervat
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 25
- 1 min read
Die Padongelukfonds sê dat hulle die uitbetaling van eise hervat het.
‘n Tussentydse raad is verlede maand gestig ná bewerings van korrupsie en wanbestuur. Die minister van vervoer, Barbara Creecy, het die vorige raad ontbind ná die skorsing van fonds se uitvoerende hoof, Collins Letsoalo.
Die tussentydse raad sê dat hulle stappe gedoen het om die betaling van eise te bespoedig.
Intussen berig Moneyweb dat R3,3 biljoen van die ongeveer R20 biljoen wat vir meer as 180 dae uitstaande is, die afgelope twee weke uitbetaal is.
Die tussentydse raad het dit Woensdag as die eerste stap in die herstel in waardigheid van die padongelukkefonds beskryf.





Comments