top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Padongeluksfonds se uitvoerende hoof is op spesiale verlof geplaas

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
May 30, 2025
1 min read

Die Padongelukfonds se besluit om sy uitvoerende hoof, Collins Letsoalo, op spesiale verlof te plaas word deur die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) verwelkom. Dit is te midde van toenemende bewerings van korrupsie, finansiële wanbestuur en bestuursmislukkings  tydens sy ampstermyn. Letsoalo het toesig gehou oor stygende laste, ‘n massiewe agterstand van onbetaalde eise en ‘n groeiende regsrekening as gevolg van hofsake wat dikwels toesighoudende instellings geteiken het. Outa se uitvoerende direkteur, Stefanie Fick, sê Letsoalo se skorsing moes al lankal gebeur het, aangesien die Padongelukfonds sedert sy aanstelling in wanorde verval het.

 
 
 

Comments


bottom of page