top of page

Die parlement aanvaar die Wetsontwerp op Eenstop-grensposte

  • Writer: Ilde Roos
    Ilde Roos
  • Nov 5
  • 1 min read

Die parlement het die Portefeuljekomitee oor Binnelandse Sake se verslag oor die Wetsontwerp op Eenstop-grensposte aangeneem.


Die wetsontwerp stel ‘n wetlike raamwerk vir gedeelde grensposte tussen Suid-Afrika en sy bure uiteen. Dit laat amptenare van beide lande toe om saam in gemeenskaplike beheersones te werk.


Dit is daarop gemik om handel, reis en sekuriteit te verbeter terwyl streeksintegrasie onder die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (Saog) en die Afrika-kontinentale vryhandelsgebied bevorder word.


Die wetgewing gee ook die minister van Binnelandse Sake magte om ooreenkomste met buurstate te onderteken.


Die parlement se woordvoerder, Moloto Mothapo, sê die wetsontwerp gaan nou na die Nasionale Raad van Provinsies vir goedkeuring.


LUISTER:




Moloto Mothapo. FOTO: Facebook
Moloto Mothapo. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page