top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die parlement is bekommerd oor toestande by die Grootvlei-gevangenis

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Aug 6
  • 1 min read

Die Parlement se Portefeuljekomitee oor Korrektiewe Dienste het ernstige kommer uitgespreek oor gesondheidsorg, voedselveiligheid en personeeltekorte by die Grootvlei Maksimum Korrektiewe Sentrum in die Mangaung-metro.


Volgens 'n mediaverklaring volg dit ná 'n oorsigbesoek aan die fasiliteit, wat op 1 Julie deur die Departement van Korrektiewe Dienste oorgeneem is.


Die komitee sê gevangenes het gekla oor medikasie wat nie beskikbaar was nie, verkeerde medikasie wat glo uitgereik is en onderbrekings in die voorsiening van chroniese medikasie.


Tydens die besoek is ook bevind dat voedselmonsters, wat vir 72 uur bewaar moet word, nie beskikbaar was nie.


Die komitee het verder gevra dat die departement die 309 vakante poste by die sentrum teen einde September vul.


FOTO: Facebook
FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page