top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Parlement is ontevrede oor vordering by Vrystaatse gesondheidsfasiliteite

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • May 29
  • 1 min read

Die Parlement se Gekose Komitee oor Maatskaplike Dienste het sy ontevredenheid uitgespreek oor die Vrystaatse Departement van Gesondheid se vordering met probleme wat vroeër vanjaar by gesondheidsfasiliteite uitgewys is.


Die komitee sê in ‘n mediaverklaring die departement se jongste verslag toon dat die meeste kwessies wat tydens 'n toesigbesoek in Maart geïdentifiseer is, steeds nie opgelos is nie.


Komiteelede het kommer uitgespreek oor instandhoudingsagterstande, onvoltooide herstelwerk, personeeltekorte en stadige vordering met infrastruktuurprojekte.


Die komitee waarsku dat die vertragings 'n direkte invloed op pasiëntveiligheid, die gehalte van sorg en die funksionering van gesondheidsdienste het.


Die voorsitter van die komitee, Desery Fienies, sê toekomstige verslae moet duidelike tydlyne, meetbare vordering en groter aanspreeklikheid toon.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page