top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die parlement reageer op kritiek oor die afvaardiging in Rusland

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jul 17
  • 1 min read

Die parlement het gereageer op kommer rakende die Suid-Afrikaanse afvaardiging wat tans op ’n amptelike bilaterale werksbesoek aan Rusland is.


Die MK-party het die parlement gekritiseer omdat hulle die amptelike opposisie van die afvaardiging uitgesluit het, en die stap ongrondwetlik en ondemokraties genoem.


Die afvaardiging, gelei deur die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, Refilwe Mtshweni-Tsipane, sluit parlementslede van die ANC en Al Jama-ah in.


Die woordvoerder van die parlement, Moloto Mothapo, sê die voorsitter bepaal die grootte en samestelling van afvaardigings vir bilaterale vergaderings. Hy sê klagtes wat deur sommige politieke partye in die huidige afvaardiging geopper word, sal deur die toepaslike parlementêre prosesse hanteer word.


LUISTER HIER:


Moloto Mothapo

Refilwe Mtshweni-Tsipane saam met 'n Russiese amptenaar. FOTO: Facebook
Refilwe Mtshweni-Tsipane saam met 'n Russiese amptenaar. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page