top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die parlement se ad hoc-komitee moet sy sperdatum haal

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
12 hours ago
1 min read

Die ad hoc-komitee van die parlement wat korrupsie in die strafregstelsel ondersoek, moet Vrydag sy jongste sperdatum haal om sy werk af te handel.


Die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, het die komitee sedert sy stigting verlede jaar reeds ses keer meer tyd gegee.


Die komitee is ingestel ná bewerings deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, luitenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi.


Die Activists and Citizens Forum het die komitee se herhaalde versoeke om uitstel gekritiseer.


Die organisasie doen ook ’n beroep op Didiza om bekend te maak hoeveel die komitee belastingbetalers gekos het.


Ter illustrasie. FOTO: Polity
Ter illustrasie. FOTO: Polity

 
 
 

Comments


bottom of page