top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die parlement sê vir Bester nee

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Mar 17
  • 1 min read

Die parlement se ad hoc-komitee wat polisiekorrupsie ondersoek, het die versoek van die veroordeelde verkragter en reeksmoordenaar Thabo Bester afgekeur om voor die komitee te verskyn.


Bester het in ’n brief aangevoer dat hy glo belangrike inligting het wat die komitee se werk kan help. Die versoek is tydens ’n vergadering bespreek waar lede verdeeld was.


Volgens die komitee se voorsitter, Soviet Lekganyane, is die versoek uiteindelik van die hand gewys.


Hy sê Bester moet die regstelsel sy gang laat gaan en dat die parlement nie as ’n appèlliggaam gebruik kan word nie.


Thabo Bester. FOTO: SABC News
Thabo Bester. FOTO: SABC News

 
 
 

Comments


bottom of page