Die petrolprys daal
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 3, 2025
- 1 min read
Die brandstofprysaanpassings wat Woensdag in werking sal tree is amptelik deur die Departement van Petroleum en Minerale Hulpbronne bekend gemaak. Die prys van beide 93 en 95 petrol sal met vyf sent per liter daal terwyl Diesel 37 sent goedkoper sal wees. Intussen sal paraffien met 56 sent per liter daal en LP-gas sal met 89 sent per kilogram daal. Die verhoging in die algemene brandstofheffing wat in die jongste begroting ingesluit is, het die oorherwinning in brandstofpryse met ongeveer 15 sent per liter ondermyn.







Comments