top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die plaaslike suikerbedryf worstel met twee uitdagings

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jul 30
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaanse suikerbedryf vra dringende ingryping deur die regering namate goedkoop suikerinvoere plaaslike produsente onder druk plaas.


eNCA berig die Suid-Afrikaanse Suikerrietkwekersvereniging sê gesubsidieerde suiker uit onder meer Eswatini, Brasilië, Indië en Thailand maak dit vir plaaslike produsente moeilik om mee te ding.


Die bedryf staar ook 'n tekort aan werkers in die gesig voor vanjaar se oes, met sowat 30% minder suikerrietsnyers as wat nodig is.


Volgens die vereniging het baie buitelandse seisoenwerkers Suid-Afrika verlaat. Dit het gelei tot oproepe vir 'n spesiale reëling wat werkers uit buurlande sal toelaat om tydens die oesseisoen te help.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page