top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die polisie help glo vir Tiger ontsnap

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 24, 2025
1 min read

Daar is ‘n sterk vermoede dat polisiebeamptes die vermeende meesterbrein agter die onwettige mybou by Stilfontein, Tiger, help ontsnap het. Maroela Media berig die Noordwes waardnemende polisiekommissaris, Patrick Asaneng, sê hulle het reeds lede wat moontlik by die ontsnapping betrokke was geïdentiseer. Asaneng voeg by daar kannie in hierdie stadium bespiegel word of die polisielede dit teen vergoeding gedoen het nie. Hy sê ook dat korrupte polisielede nie geduld gaan word nie. Intussen is die liggame van nog vyf onwettige mynwerkers by ‘n rivier naby Stilfontein gevind. Daar word vermoed dat hulle tydens binnegevegte tussen plaaslike zamazamas vermoor is.

 
 
 

Comments


bottom of page