Die polisie is hoogs sigbaar in Bloem soos hul paraatheid getoets word
- Saamgestel deur Jana Roos

- 1 day ago
- 1 min read
Die adjunkminister van polisie, Cassel Charlie Mathale, is in Bloemfontein om te kyk hoe gereed die polisie vir misdaadbekamping en veiligheidsoperasies is.
Polisielede is Sondag op verskeie plekke in die Mangaung Metro in groot getalle sigbaar terwyl Mathale operasionele ontplooiings, toerusting en die paraatheid van lede inspekteer. Luidens ‘n verklaring het hy het vroeër die dag, tydens 'n geslote vergadering, terugvoer ontvang oor die stand van polisiëring in die provinsie.
Daarna het die afvaardiging na Bobbies Park beweeg, waar honderde polisielede saamgetrek het vir 'n inspeksieparade. Die dag se program sluit ook 'n sigbare polisiemagvertoning in die middestad, Kagisanong en Bloemspruit in, voordat die groep na die N8 in die rigting van Botshabelo vertrek vir 'n gesamentlike padblokkade-operasie.
Hierdie kom net voor verwagte landswye betogings Dinsdag, oor ongelukkigheid rakende, onder meer, ongedokumenteerde buitelandse burgers.








Comments