Die Polisie is op jag na drie verhoorafwagtendes wat deur die dak ontsnap het
- Armando Pieters

- Dec 10, 2024
- 1 min read
Die polisie het ʼn soektog van stapel gestuur nadat drie verhoorafwagtendes uit die aanhoudingselle van die Swartruggens-polisie in Noordwes glo deur die dak ontsnap het. Volgens kol. Adéle Myburgh het vier mans aanvanklik ontsnap, maar een van hulle, ʼn 23-jarige, is kort daarna weer in hegtenis geneem terwyl hy ʼn geleentheid langs die N4 gesoek het. Nuusflits berig dat hy Woensdag 11 Desember in die Swartruggens-landdroshof sal verskyn op ʼn bykomende klag van ontsnapping uit wettige aanhouding, bo en behalwe die oorspronklike aanklag waarvoor hy aangehou is. Die polisie se ondersoek na die ontsnapping duur voort.





Comments