top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die polisie konfiskeer meer as R430 000 se namaak-tekkies in Bfn

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
7 days ago
1 min read

Die polisie het 508 pare namaak-tekkies met ’n beraamde straatwaarde van R431 800 tydens ’n operasie in Bloemfontein gekonfiskeer.


Volgens die polisie is ’n deursoekingslasbrief by ’n skoen- en klerehandelaar in St Georgesstraat in die middestad uitgevoer as deel van Operasie Shanela II.


Die skoene het name van bekende handelsmerke gedra.


’n Ondersoekdossier is by die Parkweg-polisiestasie geopen weens ’n moontlike oortreding van die Wet op Namaakgoedere.


Die polisie sê die ondersoek sal saam met handelsmerkkundiges voortgesit word.


FOTO: Verskaf
FOTO: Verskaf

 
 
 

Comments


bottom of page