Die polisie se teen-bendestrategie is onsuksesvol
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- May 22
- 1 min read
Die Portefeuljekomitee vir Polisie het onlangs planne aangekondig om ‘n parlementêre ondersoek te loods om die oorsake van bendegeweld en ander verwante kriminele aktiwiteite te ondersoek.
Die komitee het erken dat die huidige teen-bendestrategie onsuksesvol is.
Volgens die komitee se voorsitter, Ian Cameron, sal die verwysingsraamwerk vir die ondersoek na verwagting teen die einde van hierdie maand oorweeg word.
Hy sê dit is duidelik dat die huidige strategie nie so suksesvol is as wat hulle dit sou wou hê nie.
Cameron het beklemtoon dat die nuwe strategie beter ondersoekondersteuning moet insluit.








Comments