top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die polisie soek 'n man ná hy glo 'n vrou geklap het

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jul 17
  • 1 min read

Die polisie is op soek na 'n man wat glo 'n vrou by 'n winkel in Bloemfontein geklap het.


Polisiewoordvoerder, sersant Sinah Mpakane, sê die voorval het in Maart vanjaar by 'n eetplek langs die N8 by Estoire plaasgevind.


Die vrou en twee kollegas het in 'n ry gestaan toe 'n man glo voor hulle bedien wou word. 'n Woordewisseling het ontstaan waarna hy die vrou glo in die gesig geklap het.


Omstanders het na bewering ingegryp en die man gekeer.


Die polisie vra enigiemand met inligting oor sy identiteit of waar hy hom bevind om Navalsig-polisie te kontak.


Persoon van belang. FOTO: Verskaf
Persoon van belang. FOTO: Verskaf

 
 
 

Comments


bottom of page