Die polisie soek ‘n man wat met ‘n kitsbank-ondersoek kan help
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jun 10
- 1 min read
Die Parkweg-polisie vra Bloemfonteiners se hulp om 'n man op te spoor wat moontlik met 'n ondersoek na die beskadiging van 'n kitsbank in Universitas kan help.
Volgens 'n mediaverklaring van die polisie is die kitsbank in Januarie vanjaar by 'n winkelsentrum beskadig.
Privaat sekuriteit en die polisie het op die toneel gereageer nadat 'n alarm geaktiveer is, maar niemand is destyds in hegtenis geneem nie.
Speurders het intussen kringtelevisiebeeldmateriaal bekom waarop 'n man verskyn wat volgens die polisie moontlik belangrike inligting oor die voorval kan hê.
Enigiemand wat die man herken of inligting oor sy verblyfplek het, word versoek om sersant Mokhantsho van die Parkweg-speurtak te kontak.








Comments