top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die polisie soek ‘n vrou wat met ‘n pensionaris se ontvoering verbind word

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 3
1 min read

Die Vrystaatse polisie soek ‘n vrou wat moontlik kan help met ‘n ondersoek na die ontvoering en afpersing van ‘n 67-jarige pensioenaris.


Die polisie sê die slagoffer het die vrou, bekend as Selloane, op 14 Augustus in Welkom ontmoet oor ‘n moontlike werksgeleentheid.


Twee mans wat na bewering as polisiebeamptes voorgegee het, het hulle toe ontvoer.


Die vrou is by die Thabong-polisiestasie afgelaai, terwyl die slagoffer na Odendaalsrus geneem is en gedwing is om sy bankkaart te oorhandig en geld oor te plaas.


Die polisie sê hy is vir R55 000 afgepers voordat hy vrygelaat is.


Geen arrestasies is nog gemaak nie.


Ter illustrasie. FOTO: EWN
Ter illustrasie. FOTO: EWN

 
 
 

Comments


bottom of page