Die polisie vra Bloemfonteiners se hulp met ‘n strafbare manslag-saak
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Oct 6
- 1 min read
Die Navalsig-polisie ondersoek 'n saak van strafbare manslag en versoek Bloemfonteiners se hulp om die oorledene se naasbestaandes op te spoor.
Luidens ‘n mediaverklaring is ‘n man na raming ongeveer 40 jaar oud, op 4 September in Willcocksweg in Noordhoek, deur ‘n voertuig getref toe hy die pad oorgesteek het.
Ten tye van die noodlottige-voorval het die oorledene 'n rooi T-hemp, kakiebaadjie, swart kortbroek en wit-en-blou tekkies aangehad.
Hy het geen vorm van identifikasie in sy besit gehad nie.
Polisiewoordvoerder, Kaptein Loraine Earle, vra dat enigiemand wat moontlik kan help met die identifisering van die man of die opspoor van sy naasbetaandes om Speurkonstabel Kyle Thomas van die Navalsig Speurdiens te kontak.






Comments