Die polisie waarsku teen die indien van valse polisieverslae
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 6 days ago
- 1 min read
Na aanleiding van die inhegtenisneming van die omstrede sakeman, Brown Mogotsi waarsku die Suid-Afrikaanse Polisiediens die publiek teen die indien van vals polisieverslae.
Mogotsi het in die Johannesburg-landdroshof verskyn, waar hy daarvan beskuldig word dat hy sy eie sluipmoordpoging in November verlede jaar in Vosloorus nagemaak het.
Hy staan tereg op aanklagte van regsverydeling, meineed, onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie, en die afvuur van ‘n vuurwapen.
‘n Polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê ondersoeke het die polisie laat glo dat Mogotsi oneerlik was oor die verslag wat hy oor die voorval ingedien het.
Sy waarsku dat die opening van vals sake geregtigheid vir slagoffers vertraag en kritieke staatshulpbronne vermors.








Comments