Die polisie waarsku teen geweld en xenofobiese aanvalle
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jun 4
- 1 min read
Die polisie het 'n sterk waarskuwing uitgereik teen geweld, xenofobiese aanvalle en die vernietiging van eiendom.
Die adjunk nasionale polisiekommissaris, luitenant-generaal Tebello Mosikili, sê geen grief of frustrasie kan kriminele gedrag regverdig nie.
Sy beklemtoon dat geweld nie aktivisme is nie en dat intimidasie nie as gemeenskapsbeskerming beskou kan word nie.
Volgens Mosikili bly misdaad misdaad, ongeag die motivering daaragter.
Sy waarsku dat wettige kommer nie as 'n verskoning vir wetteloosheid gebruik kan word nie.








Comments