Die polisie weier glo om 'n Bloemfonteinse sakeman se goud terug te gee
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Oct 22
- 1 min read
'n Bloemfonteinse sakeman sê hy wag nog om sy BMW M8-motor en selfoon, asook 20 goudstawe van 100g elk, van die polisie af terug te kry.
Dit kom nadat die staat die klagte teen Daniel Schubert en sy agent, Adriaan du Plessis, voorlopig teruggetrek het. Hy is op 12 Mei vanjaar deur die Valke in hegtenis geneem toe hy op pad was om 100 wettige goudstawe van 100g elk ten bedrae van R25 miljoen in Kempton Park te gaan verkoop.
Volksblad berig Schubert het op sy beurt klagte van gewapende roof, diefstal en die peuter met bewysstukke teen lede van die polisie ingedien nadat daar met ’n inspeksie in die SAPD-13-register net 80 goudstawe gevind is.
Hy sê die hof het gelas dat sy motor en selfoon waarop beslag gelê is, dadelik aan hom terugbesorg word. In die weke sedert dié bevel weier die ondersoekbeampte egter om hieraan gehoor te gee.
Forensiese ontleding ondersoek die gekonfiskeerde stawe, wat gegraveerde reeksnommers dra wat hulle as verfynde goudstawe identifiseer.






Comments