top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die polisieminister word aangevat oor 'n vuurwapenwet

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Feb 18
  • 1 min read

Die minister van polisie staar regstappe in die gesig nadat hy versuim het om ’n vuurwapenappèlraad aan te stel, soos vereis deur die Wet op Vuurwapenbeheer.


Dit is volgens Vuurwapeneienaars Suid-Afrika (Gosa), wat op sy webtuiste sê so 'n raad verseker dat wettige vuurwapeneienaars behoorlike regsprosesse kan volg wanneer hulle teen besluite van die Suid-Afrikaanse Polisiediens appèl aanteken.


Maroela Media berig die appèlraad is egter nie behoorlik aangestel nie. Dit het daartoe lei dat appèlle onopgelos bly en aansoekers sonder ’n wettige uitweg gelaat word. Gosa Law sal nou ’n dagvaarding teen die minister uitreik om nakoming van die Wet op Vuurwapenbeheer af te dwing.


Die voorsitter van Gosa, Paul Oxley, beklemtoon dat die stap nie polities of ideologies gemotiveer is nie, maar om die wet toe te pas soos dit geskryf staan.


LUISTER HIER:


Ilde Roos

TRANSKRIPSIE


Oxley sê wanneer ’n statutêre plig geïgnoreer word, bly die howe die enigste oorblywende uitweg. Die organisasie sê hy het die saak eers deur formele kanale probeer oplos. ’n Aanmaningsbrief is verlede jaar aan die minister gerig waarin hy versoek is om sy wetlike verpligtinge na te kom, maar geen reaksie is ontvang nie.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash



 
 
 

Comments


bottom of page