Die portefeuljekomitee oor vervoer steun totale alkoholverbod vir bestuurders
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 25
- 1 min read
Die parlementêre Portefeuljekomitee oor Vervoer steun die Departement van Vervoer se eis om die gebruik van alkohol deur bestuurders te verbied.
Die minister van vervoer, Barbara Creecy, het aangekondig dat haar departement die Nasionale Padverkeerswet sal wysig om enige alkoholgebruik deur bestuurders te verbied.
Die voorsitter van die Portefeuljekomitee, Donald Selamolela, sê hulle ondersteun die oproep deur die ministerie en die uitvoerende gesag dat dit tyd is om ‘n wet in te stel om alkohol vir diegene wat bestuur, te verbied.





Comments