top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die pous is dood

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 21, 2025
1 min read

Die Vatikaan het in ‘n verklaring bevestig dat Pous Franciskus Maandagoggend in die ouderdom van 88 oorlede is. Hy was vroeër vanjaar vir meer as vyf weke in die hospitaal om vir dubbele longontsteking behandel te word. Volgens die Vatikaan is hy by sy woning, Casa Santa Marta, in die Vatikaanstad oorlede. Die pous het Sondag vlugtig op die hoofbalkon van die St. Petrus Basilika verskyn, waar tienduisende mense byeen was vir die Paasmis. Hy het in ‘n Paasboodskap, wat namens hom gelees is, weer ‘n beroep gedoen vir ‘n onmiddellike skietstaking in Gaza.

 
 
 

Comments


bottom of page